skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

 BerigAtletiek2019 1   BerigAtletiek2019 2   BerigAtletiek2019 4

 

Filosofie
By Laerskool Park vind Atletiek in die 1ste kwartaal plaas.

Ons begin die seisoen met ’n interhuisbyeenkoms waar ons massa deelname aanmoedig. Uitdunne word voor die tyd gehou om te bepaal in watter uitdun atlete gaan deelneem.

Elke kind wat deelneem, verdien punte vir sy/haar span. Deelnemende spanne is Dolfyne, Marlyne en Tunas. Die punte wat elke span verdien, word verder oorgedra na ander sportsoorte in die jaar om steeds deelname aan te moedig. ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.

Items waaraan atlete kan deelneem is: Naellope, Middelafstande, Hekkies, Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi en/of Werpskyf.

Na die interhuisbyeenkoms word die atletiekspan saamgestel wat aan verdere byeenkomste gaan deelneem. Laasgenoemde byeenkomste is:

Seksiebyeenkoms

Streekbyeenkoms

Edenbyeenkoms

Weskaapbyeenkoms

SA’s

In die 4de kwartaal word vaardigheids-oefeninge gedoen.

 

Fasiliteite

Laerskool Park Sportgronde - Grasbaan

Mosselbaai Stadion - Grasbaan

Oudtshoorn - Sintetiese baan

 

Prestasies 2020

  1. Tien atlete het aan die Weskaapbyeenkoms in die Paarl (Dal Josafat) gaan deelneem.
  2. Twee atlete was gekies vir die SA-kampioenskappe.

        

        Ons gelukwense aan al hierdie atlete wat so pragtig presteer het.

Banner