skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

 

 

Filosofie

By Laerskool Park word daar in die eerste en vierde Kwartaal Krieket gespeel.

Die krieketseisoen skop gewoonlik met groot entoesiasme af. Park se krieket groei elke jaar en die leerders geniet dit vreeslik om deel te neem aan die sport en nuwe vaardighede aan te leer. Parkies beskik oor o/7, o/8, o/9, o/11 en  o/13 spanne. In elkeen van hierdie ouderdomsgroepe kon ons hierdie jaar ten minste twee of drie spanne volmaak, wat die kompetisie vir ‘n plek in die span sterk en gesond maak.

Die hoogtepunte van die jaar was die o/9 groepie wat amper 30 spelers gehad het om van te kies en waar daar ook 3 dogters hulle talente kom uitstal het. Krieket is lankal nie meer net ‘n sport vir seuns nie, daarom moedig ons enige leerder aan om te kom speel.

Die o/13 span het baie hard gewerk hierdie jaar en die vrugte daarvan gepluk, deur amper al hulle wedstryde te wen en hulle het ook in die super 10 finaal gespeel.  

Ons beskik oor puik krieket afrigters, wat meestal uit personeelede bestaan, asook ‘n ouer wat ons by ons o/13 span gehelp het. Die pa het al groot krieket op sy dag gespeel en ‘n groot bydrae gelewer.

Ons speel gewoonlik ons wedstryde teen omliggende skole op Woensdae en toernooie vind op Saterdae plaas. Ons sien veral baie uit om elke jaar aan hierdie toernooie deel te neem, soos byvoorbeeld die Grootbrak toernooi vir 0/7, 0/8 en 0/9, waaraan ons al die afgelope 5 jaar deelneem.

Die o/13’s neem ook jaarliks aan die super 10 toernooi deel  en dan kom daar ook verskeie toerspanne reg deur die jaar by ons kuier om van ons fantastiese fasiliteite gebruik te maak.

Fasiliteite

Oefeninge en wedstryde vind op die skoolgronde plaas, waar ons oor 4 krieket nette,  ‘n sintetiese kolfblad met ‘n pragtige groen buiteveld beskik. Die groter spanne speel ook meeste van hulle wedstryde by die Van Riebeeck Stadion.

Mini-krieket

Die volgende personeel was gedurende hierdie jaar betrokke by die Mini-Krieket:

0/7 Elmarie Knapp en Andrea Pace

0/8 Mnr. D. du Toit en Abigaile Coetzee

0/9 Mnr. PJ van der Merwe en Ettienne van der Merwe

‘n Groot aantal seuntjies het entoesiasties deelgeneem.  Daar was selfs ‘n paar dogters wat baie braaf en ywerig meegedoen het.

Ons het ‘n paar wedstryde gespeel teen ons buurskolewat gemengde welslae opgelewer het.  Ons het ook gepoog om vir elke kind ‘n geleentheid te bied om ‘n wedstryd te speel.

Die Mini-Krieketdag wat jaarliks deur L/S Vorentoe aangebied word, bly ook ‘n groot hoogtepunt op ons Krieketkalander.

Die toerusting Is ook hersien, waarvoor ons groot waardering het.

‘n Groot dank aan elke kind wat deelgeneem het, elke ouer wat so mooi ondersteun het en al die afrigters vir julle harde werk.

Banner