skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

ERKENNINGS20191

Laerskool Park se leerders skryf jaarliks in vir die Astro quiz kompetisie.  Astro Quiz bestaan uit vrae oor die ruimte en sterrekunde.  Die eerste vasvrae rondtes wat slegs teen skole in ons streek plaasvind word elektronies op die rekenaar voltooi by die skool onder streng toesig.  Leerders dring dan deur om teen ander skole in ‘n meer formele opset mee te ding tydens die Wes - Kaap rondtes 3 en 4. Laerskool Park is baie bevoorreg om die laaste vyf jaar as streekwenners gekroon te word. Ook het die skool die laaste drie jaar die Wes – Kaap rondtes gewen en gedomineer.

Mnr Wikus Smit en Dr André Leonard help ons leerders voorberei vir hierdie Astro Quiz rondtes.

 

2019

Deelnemers:  Shane Boshoff, Miya Leonard, Jean Pierre le Roux en Jan - Ockie Meyer

Parkies is streekwenners asook Wes-Kaap wenners gedurende die jaar. Hulle dring deur na die Nasionale Kampioenskappe wat gedurende Oktober in Johannesburg plaasvind het en eindig 1ste in die land. Voorwaar ‘n prestasie waarop ons baie trots is.

 

2018

Deelnemers:  Willandri Crafford, Mishke Joubert, John-Matt le Roux en Jana Du Pissani

Parkies is streekwenners asook Wes-Kaap wenners gedurende die jaar. Hulle dring deur na die Nasionale Kampioenskappe wat 1 - 3 Oktober 2018 in Johannesburg plaasvind en behaal ‘n 5de plek.

 

2017

Die Astro Quiz span van Park is streekwenners en dring deur na die Wes-Kaap kampioenskappe en behaal ’n 2de plek.

Hulle verteenwoordig Wes-Kaap by die Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg en behaal ’n 2de plek in die land.  Die beste posisie wat Wes-Kaap  nog behaal het.

 

2016

Gedurende 2016 is ons Astro Quiz span die streekwenners en dring deur na die Wes-Kaap finaal en behaal ‘n trotse 12de plek van 820 skole.

 

 2015

Park neem vir die eerste keer deel aan die Astro Quiz. Gedurende die jaar word daar baie groot mylpale bereik. Park word vir die eerste keer gekroon as streekwenners asook Wes – Kaap wenners. Ook verteenwoordig Park die Wes – Kaap by die Nasionale rondte in Johannesburg en eindig 6de in die land.

Banner