SKOOLLIED
As the lighthouse high on Cape St Blaize
winks and watches Mossel Bay
Children have been watched by you
Park Primary
As the harbour ‘gainst the rocky ridge
keeps the high seas from our beach
So you protect and strengthen us
Park Primary
Persevere, in work and sport and play
We’ll always honour you
Park Primary
Daar’s ‘n posboom wat ons laat onthou
van durf en daad en kennis bou,
Help ons hierdie kennis hou,
Laerskool Park
Die ou klipkerk in die dorp se hart
leer ons opkyk elke dag
Parkskool leer ons U te eer,
wonderbare Heer.
Volhard is ons leuse
in werk en sport en spel.
Vir jou sal ons dien en eer,
Laerskool Park
Skoolwapen
Die skoolwapen bestaan uit ‘n reddingsboei en ‘n aalwyn.
Die reddingsboei verwys na die verbintenis met die see en die aalwyn die inheemse plant wat destyds volop teen die kranse van die dorp gegroei het.
Die wapen is in 1948 ontwerp deur mej. Elsabé Heunis, ‘n onderwyseres, in opdrag van die destydse skoolhoof, Mnr. Rudie Barnard.
Die skoolleuse, Volhard-Persevere verskyn onderaan die wapen. Volhard in werk en sport en spel. Hierdie leuse spoor elke leerder van Laerskool Park aan om met toewyding en ywer alles wat die skool bied, aan te pak.