VISIE
Om deur kwaliteit onderrig en opvoeding die akademiese, fisiese, sosiale, geestelike en kulturele potensiaal van elke leerder maksimaal te ontwikkel.
MISSIE
- Ons sien ‘n skool met ‘n christelike karakter wat volgens effektiewe besigheidsbeginsels bestuur word.
- Die selfbeeld van elke leerder sal positief ontwikkel word d.m.v. uitnodigende onderwys om elke leerling te laat glo en voel dat hy/sy bekwaam, waardevol en verantwoordelik is.
- Die leerders sal deur die voorbeeld van toegewyde, Christenonderwysers gelei en onderrig word om gesonde sosiale verhoudings te ontwikkel en te handhaaf wat hom/haar aanvaarbaar in die gemeenskap sal maak.
- Die leerders sal deur die aanvaarding van gesag en dissipline in die skool, tuis en in die gemeenskap gelei word tot selfdissipline.
- Die leerders sal aangespoor word tot 'n positiewe gesindheid en ingesteldheid teenoor sy/haar skool en skoolwerk.
- 'n Trots sal by elke leerder gekweek en ingeskerp word vir die land en skool se simbole, sy taal en kultuur.
- Deur middel van doeltreffende onderwys sal elke onderwyser help om die effektiwiteit van die skool te verhoog.
- Daar sal voortdurend gestrewe word na groter skakeling met die ouergemeenskap ten einde die ouer-onderwyserverhouding tot voordeel van die kind te verbeter.
- Die ouers sal bewus gemaak word daarvan dat die opvoeding en dissiplinering van kinders in die eerste plek die ouer se verantwoordelikheid is.
- Daar sal voortdurend gestrewe word om by ouers, leerlinge en onderwysers 'n positiewe gesindheid te kweek t.o.v. hul toekomsverwagtinge.
LEERDERS SE VISIE
IN LAERSKOOL PARK SAL ELKE LEERDER :
- P- Persoonlike trots ontwikkel
- A- Aanspreeklikheid en verantwoordelikheid aanvaar vir dade enoptrede
- R- Respek vir myself, ouers, onderwyser en maats hê
- K- Kind van Christus wees
- I - Ingestel wees om elke geleentheid te gebruik
- E - Eerlik wees
VISIE VIR DIE PERSONEEL VAN LAERSKOOL PARK
Ek wil my leerlinge leer om:
- wanneer die mense van die wêreld sit, moet hulle staan
- wanneer die mense van die wêreld staan, moet hulle uitstaan
- wanneer die mense van die wêreld uitstaan, moet hulle uitstaande wees
- wanneer die meeste mense van die wêreld uitstaande probeer wees, moet hulle die standaard wees
PARK SLAGSPREUK
Waar elke kind kosbaar is