Wagklas
Wagklas vir graad 1 – 3 leerders is beskikbaar vir tye van nood. Dit ‘n is gebou waar leerders kan gaan wag onder toesig van ‘n onderwyseres. Graad 1 leerders kan vanaf 13:00 in die wagklas gaan wag. Graad 2 en 3 leerders kan vanaf 13:30 daar gaan wag. Wagklas is slegs tot 14:00.
Verder is daar private nasorgsentrums beskikbaar:
* Laaities en Ladies Nasorgsentrum
Gerda Maritz - 076 887 5265
Eugene Maritz - 072 358 3443
Die DOEL van die sentrum is om ‘n veilige en stimulerende fasiliteit na skool te bied aan skoolgaande leerders van Laerskool Park sodat werkende ouers met gemoedsrus hul kinders daar kan laat.