skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

In die tegnologiese wêreld waarin ons leef is dit lankal nie meer moontlik om Inligtingstegnologie

op skool valk te vermy nie. Dit is vir hierdie rede dat ons by Laerskool Park vir ons leerders gereelde toegang gee tot ons rekenaarlokaal.

Ons lokaal bestaan uit 40 rekenaars wat toegerus is met sagteware wat daarop gemik is om leerders skolasties te ontwikkel. Hierdie sagteware sluit in:

  • Cami Suite
    • Cami Maths
    • Cami Perceptual
    • Cami Reader

Verder is daar ook Microsoft se office pakkette wat die leerders kan gebruik vir die uitvoering van take. Leerders het Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 – 15:00 geleentheid om die rekenaars te gebruik vir skooltake. Me H. Stegmann is verantwoordelik vir ondersteuning by die geleenthede.

Die sentrum het ook internet toegang wat gebruik kan word vir navorsing. Toegang tot die internet word deur die WKOD beheer, dus kan u verseker wees dat die leerders se toegang streng beperk word.

Banner