skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

SWEM20191     SWEM20192     SWEM20193

Park Laerskool is bevoorreg om sy eie 25m swembad te hê wat aan galavereistes voldoen. 

Ons filosofie is dat elke Parkie die voorreg moet hê om te leer swem, aan gala’s deel te neem en swemprestasies te behaal. 

Afrigting:

Tydens die eerste en vierde kwartaal word swemlesse aan die graad 1 tot graad 7 leerders aangebied.  By die oefeninge word op styl en stamina gekonsentreer. 

Die skool se afrigting vind op Maandae en Woensdae op die volgende tye plaas:

14:15 – 15:00      Gr 4 – 7:   Mej. M. Engelbrecht, Mev. E. Kruger en

                                                 Mev. K. Bezuidenhout

15.00 – 16:45      Gr 1 – 3    Mevv. J. Smit,  L. Gouws en R. Marx

                                             Johan Koch en Leon Bothma is twee pappas wat in die swembad      

                                             help.

16:45 – 17:30      Junior Swemspan: Mev. O. Louw

17:30 – 17:15      Mej. S. Benn en Mev. H. van der Walt

Op Dinsdae en Donderdae van 13:00 tot 15:00 vind privaat afrigting vir Park swemmers plaas.  Bronwyn McDonald is daarvoor verantwoordelik.  Sy kan gekontak word by 0832752141.

Van Maandae tot Donderdae vanaf 17:15 oefen die Fish Eagles Swemklub onder leiding van Louw-Let Fourie.  Swemmers wat aan Eden Galas wil deelneem, kan deur haar registreer.  Sy kan gekontak word by: 0825311325.

Tydens die laaste kwartaal vind die Interhuisgala plaas.  Hier word elke Parkie die geleentheid gegee om deel te neem en die skoolspan word ook hiervolgens saamgestel.  Die span kry dan die geleentheid om aan verskillende gala’s deel te neem.  Gala’s by Oakhill, Outeniqua, Tuinroete Gala, George-Suid en Glenwood House, verskyn op ons jaarprogram.

Die grade kry ook tydens L.O. periodes geleentheid om te swem. 

Gr RR en R maak gebruik van die klein swembadjie.  Louw-Let Fourie van Fish Eagles is ook daar betrokke.

Melissa Kuun is vanjaar in die Edenspan opgeneem.

Erich Grobler, Etienne van Niekerk en Alex Maartins is vir die Junior Edenspan gekies.

Banner