skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

BerigTennis2019 1     BerigSEWES2018 8     BerigTennis2019 2

Filosofie:

Senior spelers word opgedeel in groepe wat bestaan uit Graad 5 - 7 Oefengroep, O/11 en O/14 skoolspanne.

Junior spelers speel in die rooi-bal liga (Graad 1 en 2) en oranje-bal liga (Graad 3 en 4).  Spelers word deur afrigters identifiseer en kry geleentheid om wedstryde teen omliggende skole te speel.

Skoolspanne word bepaal deur ’n ranglys wat op datum gehou word deur daagwedstryde. Hierdie spanne ding teen omliggende skole in liga sowel as vriendskaplike wedstryde mee. Ons poog om soveel moontlik spelers die geleentheid te bied om tennis te speel en daarom word die hoeveelheid spanne wat aan wedstryde deelneem bepaal deur die aantal spelers.

Sien sportrooster vir oefentye.

 

Fasiliteite

Laerskool Park beskik oor tennisbane wat onlangs nuut oorgedoen is. Ons maak ook gebruik van Mosselbaai se Dorpsbane wanneer Park in hul massas tennis oefen.

 

Prestasies

Laerskool Park lewer deurlopend uitstaande tennisspelers op.  Vir die afgelope aantal jare het Laerskool Park gereeld spelers wat verkies word tot die EDEN Tennisspan.  EDEN proewe vir O/11 tot O/14 vind die eerste naweek in Januarie plaas.  O/10 Proewe vind in Februarie plaas.  Dwarsdeur die jaar word Mini toernooie gespeel om spelers se plek in die EDEN span te verseker of spelers se rang te verbeter.

2019

 2019 was beslis weer ‘n goeie jaar vir Laerskool Park se tennis.

Junior spanne het in die tennisseisoen aan die liga deelgeneem, as wenners uit die stryd getree en deurgedring na die liga finaal te George.  Tydens hierdie finaal het hulle teen wenners uit ander streke meegeding.  Die rooibal (Graad 1 en 2) dogtersspan, asook die 0/11 dogtersspan was onoorwonne en as Liga-wenners gekroon.  Die ander spanne het ook baie goed gevaar en die volgende plekke behaal:

Rooibal (Graad 1 en 2) – 4de plek.

Oranjebal (Graad 3 en 4) dogters – 2de plek.

Oranjebal (Graad 3 en 4) seuns – 4de plek.

0/11 Seuns – 2de plek.

Park spog hierdie jaar met 13 provinsiale tennisspelers.

0/10       -  Olof Poggenpoel

0/11       -  Suzaan le Roux

                -  Mienke Vorster

                -  Luka Otto

                -  Rossouw Gericke

0/12       -  Zander Maritz

0/14       -  Animie Meyer

                -  Maia Leonard

                -  Johannes Pretorius

                -  Albert Swanepoel

                -  Jan-Ockie Meyer

                -  TJ Vorster

                -  JP le Roux

TJ Vorster en Johannes Pretorius was gekies om aan SA Nasionaal deel te neem te Bloemfontein.  Uitspele het tydens hierdie geleentheid plaasgevind vir die SA skole-span wat na die VSA gaan toer.  Net die top-spelers word genooi vir hierdie geleentheid waar TJ as nommer 2 en Johannes as nommer 3 speler op die Eden ranglys gaan deelneem het.  Dit is vir hierdie spelers ‘n groot eer en prestasie.  Park is trots op hulle aangesien daar slegs 2 spelers uit die Mosselbaai streek genooi is, en albei is van Park! 

Tennis was hierdie jaar ‘n nuwe toevoeging tot Park se jaarlikse sewestoernooi.  Die weer het mooi saamgespeel en Park kon ‘n suksesvolle nuwe tradisie begin.  Spelers het die formaat waarin die sewes plaasgevind het baie geniet en ons sien uit om meer skole in die toekoms te verwelkom.

Van ons jonger senior spelers het die geleentheid gehad om aan die Rising Star toernooi deel te neem waar die beste Laerskole Span in die land gekies word.  Hierdie opkomende sterre het baie goed gevaar en was goeie kompetisie vir hul teenstanders.  Baie geluk met die wyse waarop julle in die stryd getree het tydens hierdie toernooi Luka, Rossouw, Herco en PW!

Park se senior spanne het in die eerste kwartaal die seisoen afgeskop met vriendskaplike wedstryde teen omliggende skole en toerspanne.  Hierdie spanne het baie goed gevaar.  In die vierdie kwartaal het die 1ste dogtersspan en 1ste en 2de seunsspanne aan die liga deelgeneem.  Die 1ste span seuns het as naaswenners van die liga uitgetree en die 2de span seuns is bekroon as wenners van die 2de liga.  Baie trots op hierdie seuns!

EDEN SPELERS 2018:

Dogters                                                                      Seuns

 o/14

Kayla Esselen                                         

Micke Green                                                   

o/12

Animie Meyer                                                     TJ Vorster

                                                                           Johannes Pretorius

                                                                           JP Le Roux   

                              

o/11

                                                                           Zander Maritz

                                                                           Luka Otto

o/10

Suzaan le Roux

Mienke Vorster

Kayla Esselen het aan die Interpro te Bloemfontein gaan deelneem waar sy die geleentheid gehad het om uit te speel vir die SA-skolespan.  So trots op haar!

EDEN SPELERS 2017:

Dogters                                                                      Seuns

 

o/14

Carla Dannhauser                                          Bertus Kruger

Anika Otto                                                    Pienie Pienaar

Karla Smit

Tanya Smit

Cozette Pretorius

o/12

Kayla Esselen

Micke Green

o/11

Jean-Pierre le Roux

Johannes Pretorius 

TJ Vorster

o/10

Zander Maritz

Carla Danhauser het ook aan die Interpro te Bloemfontein gaan deelneem waar sy die geleentheid gehad het om uit te speel vir die SA-skolespan.  So trots op haar!

Privaat afrigting:

Aangesien Tennis ’n gespesialiseerde sport is en ons graag wil hê elke leerder sy/haar volle potensiaal moet bereik, kan leerders ook van privaat afrigting gebruik maak.

* GREAT TENNIS – 076 188 1500 (Johannes Roux)

* Katie Müller – 082 679 7298

Banner